praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Zuma se broerskind in DRK vir olie

Zuma se broerskind in DRK vir olie

E-pos Afdruk PDF
Twee maatskappye wat aan die sakeman Khulubuse Zuma behoort, boor vir olie in die Demokratiese Republiek van die Kongo, berig die Sunday Times. Hy is president Zuma se broerskind.

Zuma jnr. se maatskappye, Caprikat and Foxwhelpm is in die Britse Maagde-eilande geregistreer en het volgens die Britse waghond-groep in die oliebedryf, Platform, in die ooste van die DRK begin boor, het die koerant berig.

Dít is ook deur Michael Hulley, Zuma se regsadviseur, bevestig.

"As jy enigeen daar vra, sal hulle jou sê die gebied is bekend vir olie wat daar voorkom, maar die feit van die saak is dat daar sekere stappe is wat jy moet neem. Ons is besig met daardie stappe," het Hulley gesê.

Zuma, president Jacob Zuma se broerskind, het in 2010 $6 miljoen (nagenoeg R48 miljoen) vir twee oliekonsessies in die land betaal.

Die gebiede behoort sedert 2006 aan die Ierse groep Tullow.

Tullow het teen Zuma se heraanstelling geveg maar was onsuksesvol.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: