praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus 'Slegs Wit'

'Slegs Wit'

E-pos Afdruk PDF

'n Inwoner van Cincinnati in die VSA het glo anti-diskriminasie wette oortree het nadat sy 'n "Slegs Wit" bordjie buite haar swembad aangebring het.

Sy het Donderdag 'n appèl by die Ohio se Burgerregtebewegingkommissie verloor.

Die beslissing baan die die weg vir moontlike staatsiviele aanklagte en kompenserende en bestraffende skadevergoedingseise.

Die kommissie het beslis dat die teken, wat lees "Openbare Swembad, Slegs Wit," diskriminasie wette skend, en die verhuurder Jamie Hein se eis dat dit net 'n dekoratiewe en verouderde bordjie is, verwerp.

Die kommissie se uitspraak het gevolg op 'n klagte deur Michael Gunn, 'n voormalige huurder wat sy 10-jaar-oue bruin dogter na die swempartytjie op Hein se eiendom wou bring wat deur sowat 20 ander gaste bygewoon is.

Gunn het gesê Hein het hom later gevra oor die "chemikalieë" wat sy dogter vir haar hare gebruik en die meisie, die enigste nie-Kaukasiër by die partytjie, beskuldig daarvan dat sy die swembadwater "vertroebel".

Gunn het aan die kommissie gesê ongeveer 'n week later het hy die "Slegs Wit" teken by die swembad opgemerk. Hy het gesê hy en sy verloofde het besluit om onmiddellik iets te doen sodat "my dogter nie blootgestel word aan die teken en vernedering nie".

As deel van die kommissie se ondersoek, het Gunn kopieë van die tekste wat hy beweer Hein gestuur het na sy verloofde, voorgelê. Daarin blameer Hein die "vet" in sy dogter se hare vir die troebel toestand van die swembad.

Na 'n ondersoek na die bewerings en "informele pogings om die saak op te los," het die Kommissie in September bevind dat Hein die wet oortree het.

Hein het weer appèl aangeteken, maar nóg sy nóg haar prokureur het die verhoor Donderdag bygewoon.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: