President Jacob Zuma het 'n pleidooi by die VN-Veiligheidsraad in New York gelewer dat 'n vaste verhouding tussen die VN en die Afrika Unie ingestel moet word.
Hy sê daar móét na die standpunte van die Afrika Unie geluister word as die verhouding met die VN verbeter en konflik vermy wil word.
Hy het Libië as voorbeeld gebruik en sê belangrike lesse kan uit die geweld in dié land geleer word. Zuma was voorsitter by 'n vergadering van die Veiligheidsraad waar die werksverhouding tussen die VN en streeksorganisasies soos die Afrika Unie bespreek is.
Hy het ook voorgestel dat die twee liggaame samewerkingsmodelle moet ontwikkel wat eenvormige besluitneming sal vergemaklik wanneer dieselfde doel nagestreef word.
Die president sê in die afgelope dekade het die vasteland die politieke wil getoon om konflik en oorloë uit te roei.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





