praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Nigerië stuur af op 'n burgeroorlog, sê Nobelpryswenner

Nigerië stuur af op 'n burgeroorlog, sê Nobelpryswenner

E-pos Afdruk PDF

Etniese en godsdienstige geweld teister Nigerië en het meer as 16 slagoffers geëis nadat 'n brandstofstaking die dodelike spanning laat toeneem het.

Te midde van die sektariese en sosiale onrus, het die wenner van die Nobelprys vir literatuur Wole Soyinka, een van die land se mees gerespekteerde stemme, gewaarsku dat die vasteland se mees bevolkte land op 'n burgeroorlog afstuur.

'n Twee dae oue algemene staking het die land verlam en dreig om president Goodluck Jonathan se regering - wat reeds sukkel om 'n vlaag bloedige aanvalle deur die Islamitiese sekte Boko Haram af te weer - tot 'n val te bring.

President Jonathan het 'n groot terugslag beleef nadat die land se Nasionale Vergadering ook teen hom gedraai het. Van sy kritici het gevra of hy nie eerder "Badluck" moet heet nie.

Tot Jonathan se ellende is daar talle ondersteuners van Boko Haram in die regering, weermag en polisiediens.

In 'n verklaring laat Dinsdag het die regering beveel dat al die stakende werkers teruggaan werk toe, en gewaarsku dat hulle werkgewers 'n beleid van "geen werk, geen betaling sal afdwing".

"Lede van die publiek wat onder kontraktuele verpligtinge as werknemers in die openbare en private sektore dien, word aangeraai om die bepalings van die dienskontrak en hul pligte te respekteer," het minister Mohammed Adoke, van justisie, in die verklaring gesê.

Ontleders het gesê die spanning in Afrika se top-olieprodusent het bygedra tot stygende wêreldoliepryse.

Die onrus het Maandag uitgebreek te midde van protes teen die regering se afskaffing van brandstofsubsidies op 1 Januarie, wat veroorsaak het dat petrolpryse meer as verdubbel het.

Die meeste van Nigerië se 160 miljoen mense leef op minder as $2 per dag.

Soyinka, Afrika se eerste Nobelpryswenner vir letterkunde in 1986, het in 'n BBC-onderhoud gewaarsku dat die land 'n nuwe konflik soos die 1960-oorlog, wat meer as een miljoen mense se lewens geëis het, in die gesig staar.

"Dit is nie 'n onrealistiese vergelyking nie - dit is beslis gebaseer op baie ooreenkomste ... Ons sien die land in die rigting van 'n burgeroorlog gly," het hy gesê.

Die VN-leier, Ban Ki-moon, het Nigerië se minister van buitelandse sake Olugbenga Ashiru in New York ontmoet en die VN het vrese oor die militante groepe in Wes-Afrika geopper.

Die twee het ontmoet ná die vrystelling van 'n VN-verslag wat gesuggereer het daar bestaan bande tussen die Boko Haram en Al-Qaeda se bondgenote in Noord-Afrika.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: