Die voorsitter van die Switserse Sentrale Bank (SSB) Philipp Hildebrand (48) het Maandag na 'n handelskandaal waarin sy vrou betrokke is, bedank. Daarmee het die grootste regse, konserwatiewe party in die land sy wil laat geskied.
In September verlede jaar het die SSB uiteindelik die brieke op Switserse frank met 1,20 frank teen die euro aangedraai, nadat die land se geldeenheid die hoogte in geskiet het.
Dit het verlede maand aan die lig gekom dat Hildebrand se vrou Kashya, 'n voormalige handelaar, 400,000 Switserse frank se dollars drie weke gekoop het voordat haar man stappe onderneem het om die frank se styging te keer.
Verliese wat Switserland in 2010 gely het nadat Hildebrand probeer het om die styging van die Switserse frank te keer, het 26,5 miljard frank beloop.
Hildebrand se einde van sy ampstermyn, is hoofsaaklik gedryf deur Christoph Blocher, meesterbrein van die regse Switserse Volksparty. Verlede jaar het Blocher Hildebrand van "grootheidswaan of onbevoegdheid" beskuldig vir sy pogings in 2010 om die frank se styging te midde van die Europese skuldkrisis te stop.
Hildebrand se planne vir banke soos UBS en Credit Suisse het ook vir hom vyande by die huis gemaak. By die Amerikaanse en Britse banke was Hildebrand egter 'n witbroodjie.
"Ons weet almal dat hy 'n man van totale integriteit, buitengewone vermoë en, belangrikste van alles, moed is. Sulke mense is skaars. Sy land sal hom mis," het die Bank van Engeland se goewerneur Mervyn King in 'n verklaring gesê.
George Soros het hom gehelp het om 'n posisie by die New Yorkse verskansingsfondsmaatskappy Moore Capital Management te kry. Hulle spesialiseer in rentekoerstermynkontrakspekulasie en monetêre beleid.
Switserland se regtervleuel het gesê die regering moet meer versigtig wees en die aanstelling van 'n voormalige verskansingsfondsbestuurder met geen kwalifikasies in ekonomie nie, was 'n fout.
Switserse banke se bates beloop ten minste ses keer die land se ekonomie.
In 2010, was Hildebrand ook die wêreld se hoogste betaalde sentrale bankier met 'n salaris van 833,000 frank per jaar, altyd in 'n elegante vlootblou pak geklee en met 'n luukse Breguet aan die arm. Maar ongelukkig sonder politieke bondgenote.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





