praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus VSA: Kuberoorlog en onbemande tuie

VSA: Kuberoorlog en onbemande tuie

E-pos Afdruk PDF
President Barack Obama het Donderdag 'n verdedigingstrategie onthul wat die Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Asië sal uitbrei, maar hul totale uitgawes sal besnoei. Die Pentagon probeer om uitgawes te verminder met byna 'n half triljoen dollar na 'n dekade van oorlog.

Die strategie, indien dit deurgevoer word, sal die wêreld se grootste militêre moondheid hervorm.

Kuberoorlog en onbemande tuie sal voortaan prioriteit geniet, soos pogings deur China en Iran die VSA se magsprojeksievermoëns in gebiede soos die Suid-Chinese See en die Straat van Hormoez die stryd aansê.

Maar die grootte van die weermag en seesoldate sal met nagenoeg 10 tot 15% krimp. So ook die Amerikaanse kern-arsenaal en Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Europa.

Troep- en tydsintensiewe teen-insurgensie operasies, die onderbou van die Amerikaanse militêre strategie sedert die 2007 "inspuiting" van ekstra troepe na Irak, gaan baie meer beperk word. Die klem sal verskuif van groot skaalse, langtermyn-missies, na kleiner operasies.

"Die gety van oorlog het gedraai, maar die vraag op hierdie strategiese antwoorde is watter soort militêre mag sal ons nodig hê lank na die oorloë van die laaste dekade verby is," het Obama tydens 'n Pentagonnuuskonferensie gesê.

Die weermag se huidige mag is ongeveer 565,000 soldate en daar is 201,000 seesoldate, wat beteken dat 'n uiteindelike inkorting van tussen 76.000 en 114,000 troepe voorsien word.

Kritici sê die afskaling word gedryf deur die begrotingsellende eerder as verdedigingsbehoeftes, maar Obama het dit ontken.

"Oor die afgelope 10 jaar sedert 9/11, het ons verdedigingsbegroting teen 'n buitengewone tempo gegroei," het Obama gesê. "Oor die volgende 10 jaar, sal die groei in die verdedigingsbegroting verstadig, maar die feit van die saak is dit sal nog groei, want ons het globale verantwoordelikhede wat ons leierskap vra."

Die verskuiwing in fokus na Asië kom te midde van toenemende kommer oor China se strategiese doelwitte. Die Pentagon vrees 'n nuwe generasie wapens wat Amerikaanse amptenare glo ontwerp is om die Amerikaanse vloot en lugmag te verhoed om mag in die Verre Ooste te projekteer.

"Ons sal ons teenwoordigheid in die Asië-Stille Oseaan uitbrei," het Obama gesê, "en die begrotingsvermindering sal nie kom ten koste van daardie kritieke streek nie."

Die nuwe strategie sal die VSA se militêre mag "herbalanseer in die Asië-Stille Oseaan-streek".

Die strategie, sê die Verenigde State moet 'n mag wees wat een groot oorlog kan wen terwyl hy nog in staat is om 'n ander aanvaller af te skrik in 'n tweede konflik. In die verlede het die Pentagon se strategiese beplanners probeer die VSA gereed te hou om twee groot oorloë gelyktydig baas te raak.

"Die Verenigde State moet sy vermoë om sy mag in gebiede waar ons toegang en vryheid het en waar dit uitgedaag word, in stand te hou," lui die strategiedokument.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: