Iran se beroemde matbedryf staar toenemende mededinging van Pakistan en China in die gesig.
Iran se meer as een-miljoen wewers maak jaarliks matte met 'n uitvoerwaarde van sowat 500-miljoen dollar - een van die land se winsgewendste uitvoerprodukte naas olie.
Die VSA het in 2010 'n verbod op die invoer van Iran se Persiese matte geplaas in reaksie op Iran se kernbeleid.
Dié land was 'n gesogte teikenmark vir Persiese matte sedert die embargo in 2000 opgehef is.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





