'n Nederlandse parlementslid, Jack Biskop, is bekommerd oor die invloed van Engels: "As jy nie oppas nie, kan dit sommer gebeur dat die Nederlandse taal verlore gaan", sê hy. "Op straat kan die taal dalk gepraat word, maar Engels kan as amptelike taal geld."
Dit wil Biskop nie sien gebeur nie. Daarom maak hy daar 'n punt daarvan om Engelse terme uit te wys, al spot sy kollega's met hom. Biskop sê dat die universiteite soms heel "onnodig Engels" praat: "Die staatssekretaris meen dat in 'n globaliserende wêreld Engels belangriker word. Maar in 'n groot wêreld is Nederlands tog 'n volwaardige taal."
Biskop gaan voort: "Op die universiteit van Wageningen sit ek weet nie hoeveel nasionaliteite in die klas nie. Dan is dit logies dat die voertaal daar Engels is. Maar ek wil nie dat Nederlands tot 'n soort dialek vervlak nie, 'n taal waarin jy jou nie wetenskaplik kan uitdruk nie. Die studie van bedryfskunde in Nijmegen eis van studente dat hulle eindskripsie in Engels is. Die waarde daarvan is nie vir my duidelik nie. Ek pleit nie vir nostalgie nie, maar wel vir die behoud van ons Nederlandse taal. "
Biskop is nie alleen nie. Ook VVD-kollegas Ton Elias is besorg oor die Nederlandse taal. "Ek wil geen taalpolisieman wees, maar voor jy dit weet is een uit elke vyf sinne wat ons uitspreek in Engels."
Daarom help Elias sy kollegas waar nodig reg, al kos dit hom moeite om homself aan sy eie riglyne te hou. As hy vertel oor hoe hy gereeld ingryp as hy die Kamervoorsitter vervang, het hy dit oor 'n running gag. "Nee, dit moet ek nie sê nie. 'n Gimmick. Ook nie. Herhalende grap. Dit is wat ek bedoel."
Die herhalende grap is hoe hy onvermoeid Engelse terme vertaal in Nederlands, soos benchmark. En selfs Jack Biskop moet hy soms reghelp. "Die laaste keer weer oor 'n pilot. Ek het sy mosie nie aanvaar nie tot daar proefproject staan. Ons is 'n Nederlands parlement. Dus praat ons Nederlands", sê Elias.
"Ek wou nog sê pilootproject, soos die Vlaminge doen," sê Jack Biskop. Maar ook Vlaams aanvaar Elias nie. "Dit is proefproject."
Biskop korrigeer ook minister Marja van Bijsterveldt. "Hulle praat graag van checks and balances. Ek het aan haar voorgestel om leisels en tegengewicht te gebruik. Maar hulle meen dit is nie heeltemal dieselfde nie."
Elias probeer ook buite die Tweede Kamer soveel moontlik Engels uit te hou. 'n Burger wat kla oor 'n hospitaal wat op 'n aanwysingsbord aangedui word as health center kan op Elias se steun reken.
Elias en Biskop is albei lede van die Interparlementaire komitee van die Taalunie. PVV-Kamerlid Martin Bosma is voorsitter. Ook vir Bosma lê Nederlands na aan die hart. Onlangs het hy nog gepleit vir 'n vasgestelde kwota Nederlandstalige musiek op Radio 2. "Bosma het by die Taalunie my bydrae oor die universiteite in 'n gesprek met die Vlaamse minister van Onderwys opgehaal," sê Biskop. "Op Vlaamse universiteite word ook steeds meer Engels gepraat."
Die heer Elias (VVD):
"Ek is dit eens met alles wat die minister tot nou toe gesê het, behalwe op 'n punt. Dit is 'n ernstig punt. Ek wil haar dringend vra om nie te praat van out of the box-dink nie. Ek gee haar drie alternatiewe : oorspronklike denke, buite die gebaande paaie dink en onorthodox dink. Ons moet in hierdie parlement Nederlands praat."
"Hear, hear! O, sorry."
(Tweede Kamer 11/11/2010)
| < Vorige | Volgende > |
|---|





