praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Sonder vrees: Chemiese geheue-aanpassing

Sonder vrees: Chemiese geheue-aanpassing

E-pos Afdruk PDF
Die Pentagon het geen oplossing vir die post-traumatiese stres, oftewel PTS-krisis wat die huidige generasie van Amerikaanse troepe teister nie. Maar nuwe navorsing het chemiese antwoorde vir die vrees wat militêre personeel assosieer met traumatiese herinneringe, en kan dit wegvee.

Die Pentagon het hierdie week aangekondig dat $11 miljoen se befondsing daarvoor vir drie navorsingsinstellings bewillig sal word.

Kenners by die Emory Universiteit, die Universiteit van Suid-Kalifornië en New York-Presbyterian/Weill Cornell Medical Center sal 'n studie onderneem om die effektiwiteit van die D-Cycloserine (DKD) te peil.

DKD is 'n farmaseutiese hulpmiddel by blootstellingsterapie wat herinneringe van vrees uitwis. Blootstellingsterapie is waar skrikwekkende gebeure herleef word en dan verwerk mbv DKD.

"Ons weet reeds blootstellingsterapie is 'n effektiewe [terapie] vir PTS, en ons wil uitvind hoe om dit te optimaliseer," het dr Barbara Rothbaum, wat die Emory-span se navorsing sal lei, gesê.

Lees verder.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: