praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Skoolhoof gevang wat kokaïen smokkel

Skoolhoof gevang wat kokaïen smokkel

E-pos Afdruk PDF
Beeld berig dat 'n wit skoolhoof van Durban op die ­Heathrow-lughawe in Londen in hegtenis geneem is nadat 6 kg kokaïen na bewering in haar bagasie gevind is.

Die rooikop Annabella Momplé (46), hoof van die ­Carrington Primary School, is op 3 Desember vasgevat toe sy van São Paulo in Brasilië in Brittanje aangeland het.

Twee ander Suid-Afrikaanse dwelmsmokkelaars is ook onlangs gearresteer. Janice Linden is in China tereggestel op dieselfde dag as wat Nolubabalo Nobanda in Thailand gevang is met 1,5kg kokaïen ter waarde van meer as 'n miljoen in haar rastalokke versteek.

Die departement van onderwys het glo gereël dat Momplé Brasilië en Brittanje besoek.

Diplomate het Momplé reeds in die tronk besoek. Sy sal weer op 17 Januarie in die Uxbridge-magistraatshof verskyn.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: