praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Regse Israeli's wil swartes uitjaag

Regse Israeli's wil swartes uitjaag

E-pos Afdruk PDF

Regse Joodse betogers, gelei deur Dr Michael Ben Ari, het in Tel Aviv Sondag 'n oproep gedoen vir die uitsetting van Afrikane en asielsoekers.

Die betogers het versamel naby Levinsky Park in die suide van Tel Aviv, 'n gebied wat deur die swart immigrante bewoon word. Die betogers het gedreunsing "Die mense eis die uitsetting van infiltreerders," en "Ons het gekom om die duisternis te verdryf," en "Tel Aviv is vir Jode, Soedan vir Soedanese".

Ben Ari het eerste minister Netanyahu gekritiseer vir die feit dat Afrikane in die land aanbly as hulle eers vastrapplek kry. Hy het gesê Netanyahu se kabinet is "die swartste regering ooit in Tel Aviv."

Sondag, het die Kabinet 'n plan goedgekeur om 'n bykomende NIS 630 miljoen te spandeer op projekte wat gemik is op die voorkoming van instroming van Afrika-immigrante en ander wat Israel via die Sinaï infiltreer.

Dit sluit in die bespoediging van konstruksie van 'n grensdraad met Egipte in die komende jaar in en die bou en uitbreiding van detensiesentra om onwettige immigrante te huisves.

"Nou praat hy [Netanyahu] oor detensiesentra.. Dis te laat detensiesentrums! Waar gaan jy 40 000 mense sit? Jy kan 'n aanhoudingsentrum vir 5000 of 6000 mense bou, dus vergeet maar van 'n detensiesentrum. Net een ding sal werk: ons moet 'n lugredery kry wat hulle bymekaar laat kom en hulle vertel die vakansie is verby!"sê Ben Ari.

'n Skare van swartes en hul Israeliese ondersteuners het in 'n aangrensende gebied van die park byeengekom, geskei deur 'n metaal-hindernisse en polisielede.

Die swartes en hul plaaslike ondersteuners het dreunsing "Gevangenis - Nee! Vryheid-Ja!" in Engels en "Genoeg met die rassisme," en "Almal van ons saam sonder haat of vrees" in Hebreeus.

Ben Ari, wat tans in 'n Wes-Oewernedersetting bly, maar eers in suid-Tel Aviv gewoon het, het die Israeliese teen-betogers fel gekritiseer, en gesê hulle is vyande van die staat: "Ek sien hulle daar, dié wat in ons land wil vernietig. Ek sien hulle wat 'n verwelkomingstafel voorberei vir die miljoene Afrikane wat oppad is hierheen," het hy gesê.

Spanning het hoog geloop tussen die nasionalistiese betogers en die Afrikane se ondersteuners, maar het nie ge-eskaleer buite skreewedstryde nie.

Sien 'n video van die betoging hier.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: