praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Toyota staak anti-wit advertensie ná PRAAG-klag

Toyota staak anti-wit advertensie ná PRAAG-klag

E-pos Afdruk PDF

PRAAG het in gesprekke en eposse met Toyota Suid-Afrika die maatskappy oorreed om die uitsending van 'n omstrede TV-advertensie waarin 'n blanke man deur 'n swarte geklap word en dit gedweë aanvaar.

In sy beswaar teenoor Toyota het dr. Dan Roodt van PRAAG gesê: “In 'n ander land en op 'n ander tyd mag so iets humoristies gewees het, maar gegewe die intense geweld wat daar veral teen blanke mans in ons land gepleeg word by wyse van plaasmoorde, huisaanvalle en dies meer, is dit in uiters swak smaak en kan ook as 'n vorm van aanhitsing tot geweld gesien word.”

In vele Westerse lande is daar navorsing wat bewys dat negatiewe voorstellings van minderheidsgroepe en veral subliminale boodskappe van aggressie jeens sulke groepe regstreeks tot geweld lei. Dit sal nie moeilik wees om te bewys dat dieselfde in Suid-Afrika geld nie waar omstrede liedere soos "Skiet die boer" reeds deur die howe verbied is.

Volgens Roodt is “van PRAAG se lede so onstoke dat hulle reeds met 'n beswaarskrif teen hierdie advertensie begin het. Indien Toyota nie bereid is om die uitsaai daarvan op te skort nie, sal ons nie huiwer om 'n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vir haatspraak teen blanke mans aanhangig te maak nie, asook 'n moontlike interdik teen die advertensie aan te vra nie. Die negatiewe publisiteit en reklame wat Toyota hierdeur kan tref, maak geen sakesin nie.”

In sy reaksie, het mnr. Pieter Klerck, bemarkingshoof van Toyota S.A. gesê dat “die advertensie se bedoeling geensins daarop gemik is om rassisities van aard te wees, of om geweld in enige vorm aan te hits nie.”

Nietemin sal die advertensie benewens “enkele ad hoc-vertonings” gestaak word. Toyota S.A. neem ook “PRAAG se besware ter harte en... sal dit in gedagte hou met die beplanning van toekomstige veldtogte”.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: