'n Berig is vanaf Witbank ontvang dat 'n bom in die hofsaal waar oudkmdt. Willem Ratte vanmore sou verskyn, gevind is.
Aangesien die hofsittings tot dusver hoofsaaklik deur Afrikaners wat Ratte goedgesind is, bygewoon is, sou dit onwaarskynlik wees dat die bom vanuit Afrikanergeledere afkomstig is.
Die onmiddellike vinger wys na die staat self en moontlik die nasionale inligtingsdiens wat sou wou poog om Ratte se verskyning vandag te verongeluk. Die verwagting was dat Ratte vandag vrygelaat sou word, aangesien die staat nie nog geloofwaardige klagtes teen hom kon vind nie.
Die bominsident word gesien as 'n poging om Ratte in die gevangenis te hou sodat hy van honger kan doodgaan. Ratte verkeer op 'n hongerstaking en weier om enige raad van vriende en familie te aanvaar om weer te begin eet.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





