'n Boer is Dinsdagaand vermoor in sy huis op sy plaas naby Warden. Christiaan van Wyngaard (43) van die plaas Goedehoop is na bewering herhaaldelik met 'n skerp voorwerp gesteek.
Sy vrou Marie (55) het die voorval oorleef maar moes vir skok behandel word.
Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, sê plaaswerkers het die lyk van die slagoffer Woensdagoggend ná 7:00 ontdek.
Enigiemand met inligting, word versoek om die naaste polisiekantoor of die Crime Stop-nommer by 08600-10111 te skakel.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





