praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Vriende van WIllem Ratte vra vir skenkings

Vriende van WIllem Ratte vra vir skenkings

E-pos Afdruk PDF

Willem Ratte sal vandag weer in die landdroshof op Witbank verskyn op aanklagte van dwelmsmokkery en diefstal. Nadat die gedrukte pers aanvanklik berig het dat Ratte vir "terrorisme" en "besit van onwettige wapens" in hegtenis geneem is, het die staat nog geensins 'n klag in dié verband gebring nie.

Die polisie het aanvanklik sulke verklarings aan die media gemaak, maar toe Ratte die eerste keer in die hof verskyn het, is die klag verander na dwelmsmokkelary en diefstal. Niemand weet watse dwelms Ratte sou gesmokkel het of wat hy sou gesteel het nie.

'n Groep binne die veteranevereniging van 323 bataljon het 'n bankrekening beskikbaar gestel wat behoorlik geadministreer sal word om Ratte met sy regskostes by te staan.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: