praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Swart aanklaer lag openlik vir Ratte in hof

Swart aanklaer lag openlik vir Ratte in hof

E-pos Afdruk PDF

Met oudkommandant Willem Ratte se eerste hofverskyning op Maandag 11 Oktober het ‘n Afrikaanse vroue-aanklaer die saak hanteer en ‘n voorstel gedoen om die aangeklaagdes teen Vrydag op waarskuwing uit te laat terwyl die saak ondersoek word en hulle deur korrektiewe dienste gemonitor word. Intussen het ‘n aggressiewe swart aanklaer, Fanie Vundla, oorgeneem wat op Vrydag 15 Oktober openlik in die hof vir Ratte gelag het.

Die vooroordeel wat daar teen Ratte en sy mede-aangeklaagdes bestaan, is Vrydag verder gedemonstreer deur ‘n voorval waartydens mnr. J.P. Nel, woonagtig op die plaas Eenzaamheid in die Balmoral-distrik waar Ratte in hegtenis geneem is, summier by die hof in Witbank gearresteer is omdat hy aan ‘n swart vroulike prokureur van die regshulpraad gevra het waarom sy nie haar handsak deur die x-straalmasjien by die hof laat gaan nie. Die persoon het haar opgeruk en Nel op ‘n vals klag van aanranding in hegtenis laat neem. Nel is intussen op borg van R500 vrygelaat en beplan ‘n siviele eis teen die staat vir wederregtelike inhegtenisname.

Terwyl die vorige blanke aanklaer nie die borg van die nege mans wat saam met Ratte aangekla is sou teenstaan nie, het Fanie Vundla intussen besluit om wel Eugene Becker se borg teen te staan. Becker is tans nog in die tronk saam met Ratte wat steeds ‘n hongerstaking beoefen.

Die landdros wou eerskomende Vrydag 25 Oktober weer die saak aanhoor, maar Vundla het geweier aangesien hy sy “dogter se gradeplegtigheid moet bywoon”. Op ‘n vraag of daar nie ‘n ander aanklaer op daardie datum beskikbaar is nie, het Vundla geantwoord dat hy “deur sy hoofde aangesê is dat slegs hy die saak moet hanteer”.

Op ‘n vraag van die landdros of hy Willem Ratte se borg sal teenstaan of nie, het Vundla geantwoord: “Ek het nog nie besluit nie.”

Vundla het ook die polisie se reaksiemag na die hof laat kom om die gehoor en gevangenes te laat intimideer.

Die sogenaamde “onwettige wapens” wat op Wille Ratte se plaas gevind is, blyk nou wettig te wees, synde grootliks voorlaaierrewolwers en windbukse waarvoor geen lisensie nodig is nie. Blykbaar is slegs die R4-geweer streng gesproke onwettig, maar ook dit is voorheen gelisensieer deur ‘n oudkollega van Ratte.

Volgens ‘n persoon wat ook die hofverrigtinge bygewoon het, is die staat besig om te vis vir verdere klagtes wat hulle teen Ratte en sy groep kan bring aangesien die huidige getuienis nie in die hof teen hulle gaan slaag nie. Daar word ook vermoed dat Fanie Vundla oudkommandant Ratte lank genoeg op die hongerstaking wil hou sodat hy kan sterf; vandaar sy pogings om tyd te wen met die vasstel van ‘n volgende verhoordatum.

Soos vroeër berig is, is agt van die beskuldigdes op waarskuwing vrygelaat. Hulle is mnre. Marais Bouer (30), Günther Kotze (32), Petrus Visser (20), Raymond Senekal (43), Wesley Borman (24), Corné de Beer (22), Justin Schoeman (18) en Christopher Meyer (27). Almal is onder korrektiewe toesig geplaas in die jeugherberg op die plaas naby Balmoral. Dit blyk egter dat Justin Schoeman 17 en nie 18 jaar oud is nie, wat hom ‘n minderjarige maak wat deur die staat as volwassene hanteer word en in ‘n volwasse tronk aangehou is.

Volgens regslui in Witbank is viktimisering van blankes deur die owerheid aan die toeneem en word mense goedsmoeds op vals klagtes gearresteer en in selle gesmyt. Hoewel die media heelwat aandag aan Ratte se geval geskenk het, is dit geensins geïsoleerd nie en blykbaar algemeen in die omgewing.

‘n Toeskouer wat die inhegtenisname van J.P. Nel aanskou het, het gesê: “Daar is geen verskil meer tussen Suid-Afrika en Zimbabwe nie. Wet en orde is besig om te verval en magsmisbruik weens rassistiese haat teen blankes is deesdae aan die orde van die dag.”

Tans sterf daar meer mense jaarliks in aanhouding in polisieselle as ooit onder die ou regering toe daar byna daagliks daaroor in die internasionale media berig is.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: