praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Korrektiewe dienste steeds onredelik oor Clive Derby-Lewis

Korrektiewe dienste steeds onredelik oor Clive Derby-Lewis

E-pos Afdruk PDF

Die voormalige parlementslid, mnr. Clive Derby-Lewis, se dokter het sy mediese verslag vrygestel in ‘n poging om die departement van korrektiewe dienste te verhoed om weer na die gevangenis oor te plaas waar mediese sorg tot dusver van hom weerhou is. Hier volg die verslag:

Mnr. Clive Derby-Lewis is ‘n bejaarde man van 74 jaar wat verskeie potensieel lewensbedreigende siektes onderlede het.

Mnr. Derby-Lewis het sy regteronderbeen beseer in ‘n tronkgang. He het na die dokter wat Korrektiewe Diens voorsien gegaan wat salf met verbande voorgeskryf het. Die wond het swart verkleur en het etter gedreineer. Die doctor wat Korrektiewe Diens voorsien het, het nie verwys nie. Die pasient se been het begin swel en hy het koorsig geword en eetlus verloor.

Ten einde mediese sorg te bekom wat toepassend is, is mnr. Derby-Lewis na ‘n privaat hospital oorgeplaas op 20 September 2010.

Met ondersoek was dit duidelik dat mnr. Derby-Lewis baie siek was en verswak was. Die pasient se onderbeen was erg geswel – twee keer dikker as die gesonde been. Etter het uit ‘n opening van die area van nat gangreen geloop. Dit was duidelik dat mnr. Derby-Lewis sy been vanwee sepsis gaan verloor.

Ten einde ‘n amputasie te voorkom is die pasient onmiddellik gerussussiteer met binneaarse vog en antibiotika.

Mnr. Derby-Lewis is die volgende dag na die teater geneem vir die eerste operasie. Die wagte het langs die operasietafel gestaan. Eers nadat sy regspan ingetree het, kon die wagte oortuig word om 5 tree van die teatertafel posisie in te neem.

Die dooie weefsel is uit die regteronderbeen chirurgies verwyder. Die etter is uit die onderbeen gespoel.

‘n Tweede operasie is later die week gedoen (24 September 2010). ‘n Hofbevel is bekom om die wagte to belet om tydens die operasie direk langs die operasietafel te staan. Die laaste dooie weefsel en etter is tydens hierdie operasie verwyder. Nadat al die dooie weefsel uit die onderbeen verwyder was, was daar ‘n defek van 15 cm by 10 cm gewees.

Ten einde die infeksie van die wond, die been en die hele liggaam onder beheer te bring is drie verskillende antibiotikas gelykertyd intraveneus toegedien. Dit het ‘n week geduur om die infeksie onder beheer te bring.

Die regterdy is as donor gebruik om vel te kry om die wond oor te plant.

Die veloorplanting het meestal vasgegroei. Dit is op hierdie stadium nie seker of ‘n tweede verloorplanting nodig sal wees nie.

Mnr. Derby-Lewis is deur die dokter wat deur die korrektiewe dienste beskikbaar gestel is behandel vir sy velkanker. ‘n Salf is voorgeskryf maar dit het geen effek op die groei van die kanker gehad nie. Met opname in die privaat hospital was daar twee ulserende velkankers aan die regterkant van die pasiente se gesig. Die kankers (7 cm x 5 cm) het van sy haarlyn gestrek tot by sy regter wenkbrou en het gebloei.

Die twee kankers was uitgesny en vir analise gestuur ten einde te aard daarvan te bepaal. Daar word nog twee operasies beplan om die kankers volledig uit die gesig te sny.

Mnr. Derby-Lewis se hoë bloeddruk was buite beheer. Die metings was 180/95 mm hg. Daar is met kombinasie-antihipertensiemedikasie begin wat die hoe bloeddruk verlaag het. Die dosering van antihipertensie medikasie moes verhoog word ten einde die pasient se bloeddruk finaal onder beheer te bring.

‘n Roetine-ondersoek na die prostaat is onderneem. ‘n Bloedtoets wat gebruik word om prostaatkanker te diagnoseer is gedoen, wat baie verhoog is. Daar is ‘n groot moontlikheid dat mnr. Derby- Lewis prostaatkanker het. Verdere toetse en behandeling sal nog moet plaasvind om die prostaatprobleem te genees.

Mnr. Derby-Lewis word aan sy bed geboei. Dit belemmer sy beweging en stel die pasient in ‘n hoe risiko om trombose van sy bene te ontwikkel. Aangesien Korrektiewe Dienste geweier het om die pasient se boeie te verwyder is daar voortgegaan om die pasient met heparien te behandel ten einde trombose te voorkom.

Daar is by my geen twyfel dat ‘n oorplasing na ‘n mediese versorging wat deur die korrektiewe diens verskaf word tot ernstige nadeel en selfs lewensbedreigende nadeel van mnr. Derby-Lewis sal strek nie.

Ek verstrek die volgende redes waarom voortgesette behandeling in die privaat hospital lewensnooodsaaklik is vir my pasient:

  • Die veloorplanting op die been is nog nie vasgegroei nie. Die veloorplanting kan misluk indien die verbande nie deur ‘n spesialis in wondversorging gedoen word nie.
  • Die velkankers van die gesig het nog twee operasies nodig – waarvan die eerste operasie reeds Maandag 11 October geskeduleer is.
  • Die prostaatkanker moet nog verder behandel word.

Konserwatief gesproke moet mnr. Derby-Lewis nog 30 tot 40 dae in die privaat hospitaal behandel word.

7 Oktober 2010

Dr. M. du Rand


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: