praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus VF+ kla dat ANC joernaliste intimideer

VF+ kla dat ANC joernaliste intimideer

E-pos Afdruk PDF
"Die onafwendbare afleiding uit die jongste besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), om die klagtes teen die joernalis Mzilikazi Wa Afrika terug te trek, is dat die optrede van die NVG en Polisie nie deur suiwere regsplegingbeginsels en geregtigheid gemotiveer was nie. Die terugtrekking van kriminele klagtes teen die joernalis Mzilikazi Wa Afrika word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Die party spreek egter sy teleurstelling uit met die optrede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Polisie. Die feit dat die klagtes teen Wa Afrika nou teruggetrek is, bewys dat die NVG en die Polisie oorhaastig opgetree het," het dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus en adjunkminister van landbou gesê.

"Die tydsberekening van die optrede van die NVG lei daartoe dat die afleiding gemaak word dat die staat sy magsinstrumente misbruik het om 'n joernalis wat ongemaklike berigte oor die ANC skryf, te intimideer. Op watter gronde word 'n joernalis gearresteer en aangehou as daar so min van 'n saak teen hom is dat die saak uit die hof gegooi word?" het Mulder gevra. Die NVG moes toe reeds aanvaar het dat nuwe klagtes teen Mzilikazi Wa Afrika nie gebring moes word totdat die Polisie en NVG die saak voldoende ondersoek het nie.

"Hierdie voorval van magsmisbruik en die inperking van mediavryheid in Suid-Afrika het reeds die goeie internasionale beeld van Suid-Afrika na die Wêreldbekersokkertoernooi onherstelbare skade aangedoen. Omdat dit alles plaasvind midde in 'n debat oor die moontlike instelling van 'n media-tribunaal, is die skade soveel erger," volgens dr. Mulder.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: