Hulle prokureur het gesê hulle vonnis van R20 000 boete of 12 maande tronkstraf plus 'n verdere ses maande opgeskorte tronkstraf, is buite verhouding tot die misdryf.
Die boete wat hooflanddros Mziwonke Hinxa aan hulle opgelê het, oorskry ook die jurisdiksie van die Bloemfonteinse landdroshof waar hulle op 30 Julie gevonnis is.
Hulle regverteenwoordiger sê voorts ’n vonnis van opgeskorte gevangenisstraf was nie gepas nie en die opskortingsvoorwaarde, gekoppel aan Artikel 21 van Wet 4 van 2000, in die besonder, was nie ’n toelaatbare of gepaste voorwaarde nie
Die vier studente is R.C. Malherbe van Hertzogville, Johnny Roberts van Hoopstad, Schalk van der Merwe van Christiana en Danie Grobler van Windhoek.
Vyf swart werkers, wat intussen die gelykheidshof genader het en eise van miljoene rande teen die studente en die universiteit ingestel het, neem laggend aan die ontgroeningspret deel in die opname. Dié video het in 2007 in die koshuis op 'n kultuuraand die eerste prys verower.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





