praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus TLU SA se standpunt oor plaaswerkerspitsberaad

TLU SA se standpunt oor plaaswerkerspitsberaad

E-pos Afdruk PDF
TLU SA het die plaaswerkerspitsberaad in Somerset-Wes bygewoon. Die amptelike afvaardiging is gelei deur TLU SA se Wes-Kaapse Streeksvoorsitter, mnr. Bennie Liebenberg. Van die aanvanklike reëling dat TLU SA 'n spreekbeurt sou kry om 'n voorlegging te maak, het niks gekom nie.

Reeds op die eerste dag van die beraad het dit vir TLU SA se amptelike afvaardiging duidelik geword dat die beraad 'n gees uitstraal wat weer eens van die boere slaansakke maak, en dat die beraad in 'n rigting beweeg wat vir TLU SA onaanvaarbaar was.

Met dit in gedagte en nog voor die werkskommissies vergader het, het TLU SA Vrydag reeds van die beraad onttrek en nie Saterdag daarheen teruggekeer nie.

TLU SA se Voorsitter van die Noord-Streek, mnr. Jan Viljoen, was die gas van die LUR vir Landbou van Limpopo en nie deel van TLU SA se amptelike afvaardiging nie, en kon in daardie hoedanigheid nie uitstap nie. Nogtans het hy dit gerade geag om 'n spreekbeurt te eis en sekere sake in perspektief te stel, weliswaar vanuit 'n TLU SA oogpunt.

Die feit is dus dat TLU SA reeds Vrydag die beraad verlaat het, sonder om daarvan 'n publisiteitsoefening te maak. TLU SA het ook nie die resolusiedokument aanvaar nie, en die Departement van Landbou se dank aan TLU SA omdat hy sogenaamd by die beraad gebly het, is gevolglik ook nie van toepassing nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: