praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus UV moet konsekwent optree oor ontgroeningsvideo

UV moet konsekwent optree oor ontgroeningsvideo

E-pos Afdruk PDF
Die VF Plus-jeug in die Vrystaat het vandag met skok gereageer oor die nuutste diskriminerende ontgroeningsvideo wat by die Universiteit van die Vrystaat die lig gesien het.  In hierdie video word die ontgroening van wit huiskomitee-lede in Huis Villa Bravado gewys. 

“Die VF Plus-jeug veroordeel die UV-bestuur vir die wyse waarop hul hierdie aangeleentheid hanteer het - veral as dit vergelyk word met die wyse waarop hul in die verlede heftig teenoor ontgroeningspraktyke opgetree het,” het Wouter Wessels, die VF Plus-jeug se onderleier in die Vrystaat, gesê.

“Die UV-bestuur tree eensydig en met dubbele standaarde op.  Ons is moeg daarvoor dat die UV-bestuur rassisme aanwakker deurdat hulle swart studente en wit studente verskillend behandel,” het Wessels bygevoeg.

Wessels het verder gesê dat prof. Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, nog altyd deursigtigheid beklemtoon het en gewaarsku het dat daar radikaal teen studente wat die reëls oortree en hulself skuldig maak aan ontgroeningspraktyke, opgetree sal word.  “Waarom is daar dan in die geheim teen mnr. Chris Nthakeni, die betrokke primarius, opgetree terwyl die oortreding reeds Oktober verlede jaar (2009) plaasgevind het? Dit getuig beslis nie van deursigtigheid nie. Hy is ook slegs as primarius van Huis Villa Bravado geskors en nie soos in talle ander soortgelyke gevalle uit die universiteit of ten minste uit die betrokke koshuis geskors nie.”

In die Reitz-video geval is die betrokke studente summier van die universiteit geskors en is die hele koshuis gesluit.  Gedurende 2009 is Huis Armentum se hele huiskomitee geskors en het die UV-bestuur al die inwoners met skorsing gedreig.  Daar is ook gedurende 2009 ‘n student uit Huis Karee geskors en die koshuis se seniorbond is summier gesluit.

Ontgroening is verbode en Villa Bravado se inwoners wat aan hierdie praktyk deelgeneem het, se huiskomitee en se koshuishoof is skuldig aan hierdie oortreding en daar moet teen hulle opgetree word. 

Die VF Plus-jeug eis ook dat die Menseregtekommissie op dieselfde heftige wyse as in die geval van die Reitz-video teen hierdie betrokkenes sal optree. Hulle reaksie sal met verwagting dopgehou word.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: