Boere in Mpumalanga is besig om 'n nuwe liggaam te vorm wat Agri Mpumalanga, AM, sal vervang. AM gaan binnekort gelikwideer word.
Die voorsitter van die komitee, Koot Claassen sê boere van verskeie boere-verenigings in die provinsie het eenparig besluit om 'n nuwe organisasie op die been te bring om hul belange te beskerm.
Claassen sê in die lig van onsekerheid oor grondeienaarskap en veranderinge rondom watervoorsiening en mynbedrywighede, moet boere op 'n georganiseerde manier saamwerk om volhoubare boerdery in die provinsie te bevorder.
Die nuwe organisasie beplan om 'n kongres op 1 September in Nelspruit te hou. Twee inligtingskonferensies word aanstaande maand gehou waar boere voorstelle oor die nuwe organisasie kan maak.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





