praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Hanteer Witwatersrand-suurwater as noodtoestand, vra VF+

Hanteer Witwatersrand-suurwater as noodtoestand, vra VF+

E-pos Afdruk PDF

Mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en hoofwoordvoerder vir Water en Omgewingsake het geëis dat die regering die suurwaterkrisis van Johannesburg en die Witwatersrand as ‘n noodtoestand hanteer.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het tydens 'n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir watersake dat  die vlak van miljoene liter suur mynwater onder die oppervlak in Johannesburg op 'n daaglikse basis bly styg en sonder ingryping binne 18 maande kan oorspoel. Die suurwaterkrisis wat die gevolg is van 120 jaar se mynaktiwiteite op die Witwatersrand hou 'n direkte ernstige bedreiging vir die middestad van Johannesburg in en kan 'n negatiewe uitwerking hê op die hele Witwatersrand .

“Die VF Plus verwelkom die feit dat die departement van Water- en Omgewingsake met regsaksie teen mynmaatskappye begin het en met aksieplanne besig is. Ons is egter bekommerd dat die ware omvang van die krisis veel groter kan wees as die hoeveelheid aandag wat dit geniet.  Interdepartementele skakeling asook samewerking tussen plaaslike, provinsiale en nasionale regering moet dringend opgeskerp word om 'n nasionale waterramp te voorkom,” het Mulder gesê.  Meer as R220 miljoen word benodig om die daarstel van pompstasies en pyplyne te verseker vir Johannesburg alleen.

Elke mens, plant en dier word nadelig hierdeur geraak deurdat strome, riviere en damme reeds ernstig besoedel is.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: