Die man, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het gevra dat enigiemand met inligting aangaande plaasaanvalle, dié besonderhede vir hom stuur sodat hy weekliks hierdie inligting na 'n aanklaer van die internasionale strafhof kan aanstuur.
"Die idee vir die weeklikse aanstuur van statistieke aangaande plaasaanvalle aan die aanklaer het sy oorsprong in onvoldoende en onbetroubare statistiek wat deur ons regering verskaf word," het Fanie van der Walt, die man se regsverteenwoordiger, in 'n verklaring gesê.
Dié webblad, www.stopafrikanergenocide.co.za, sal ook gebruik word om mense in te lig van verwikkelinge tydens die hofsaak.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





