Volgens 'n verklaring deur die Legal Resources Centre (LRC), het die landboudepartement op 16 Mei 'n algehele verbod op die huishoudelike gebruik van dié chemikalieë ingestel.
Die departement het aanvanklik slegs 'n gedeeltelike verbod voorgestel, maar volgens die LRC is so 'n verbod nie wettig nie.
LRC het daarop aangedring dat die middel heeltemal belet word in Suid-Afrika.
Volgens die webblad chlorpyrifos.org word die stof gebruik om vlooie, insekte, termiete, muskiete en ander peste te beheer.
Dit is 'n gunsteling bestanddeel in baie hondesjampoes, vlooibande en –spuitmiddels.
Kliniese toetse het bewys dat Chlorpyrifos veral skadelik is vir kinders en fetusse.
Dit is nog nie duidelik wat van bestaande produkte wat dié middel bevat gaan word nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





