“Zuid-Afrika Jonge zwarte mannen martelen en vermoorden ongeveer honderd blanke boeren per jaar. In Zuid-Afrika worden gemiddeld twee boeren per week vermoord. Boerenorganisatie Agri SA luidt de noodklok.”
So begin ‘n berig in vandag se uitgawe van Trouw.
Die berig handel in wese oor die hofverskyning van die vermeende moordenaars van die Van Zyl-egpaar van Senekal, wat eers met “een vleeshaak” aangeval is voor hulle vermoor is.
Hierdie berig is die jongste in ‘n skynbare oplewing in die belangstelling oor die lot van kommersiële boere in Suid-Afrika. Die leier van minstens een klein politieke party het al aangedui dat hy kort na mekaar twee media-oproepe oor plaasmoorde uit Europa gekry het – een uit Nederland en een uit Spanje.
Die berig vermeld voorts dat Suid-Afrika deur sowat 750 tot 800 plaasaanvalle per jaar geteister word, wat ongeveer ‘n honderd sterftes per jaar oplewer.
Die berig lig ook die “patetiese” speurwerk in die land uit, en dat maar sowat 12 persent van die sake wat by die polisie aangemeld word, in ‘n veroordeling uitloop.
Volgens die berig meld Agri SA dat die plattelandse veiligheidsplan nie werk nie omdat te veel poilisiebeamptes nie hul werk doen nie, en dat te veel “rotten appels” in die polisie nie ontslaan word nie.
Trouw haal selfs een van Van Zyl se werkers aan oor wat hy tydens die begrafnis gesê het: We hebben lang samengewerkt. Hij was een goede man. Als ik een schaap kwijt was, hielp hij mij zoeken.”
| < Vorige | Volgende > |
|---|





