praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Skoolhoof aangerand oor Afrikaanse voorkeur

Skoolhoof aangerand oor Afrikaanse voorkeur

E-pos Afdruk PDF

'n Skoolhoof van Rainbow Primary School in Wesbank, Delft, Brent Bruintjies, loop tans met sy arm in 'n verband nadat woedende ouers dit gedraai het gedurende 'n argument.

IOL berig die ouers het die hoof daarvan beskuldig dat die skool Xhosakinders afskeep en voorkeur gee aan Afrikaanssprekende kinders.

Die Afrikaanse klasse word volgens die ouers nie ontwrig nie, terwyl die graad een en twee klasse vir Xhosakinders saamgesmelt is.

Meer as 20 ouers wil glo hê die klasse moet apart wees en het die hoof daaroor gaan spreek, maar hy wou nie na hulle luister nie.

Hy het probeer wegkom maar is deur die ontstoke ma's gekeer. Sy arm is in die proses gedraai en sal volgens die dokter wat hy geraadpleeg het, ses weke neem om te herstel.

Die Weskaapse kommunikasiehoof van onderwys, Paddy Attwell, is nie bewus van die gebeure nie, maar het belowe om die saak met die skool en hoof op te neem.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: