praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Politieke gesprek met Carel Boshoff IV, Dan Roodt, Kallie Kriel en Danie Goosen

Politieke gesprek met Carel Boshoff IV, Dan Roodt, Kallie Kriel en Danie Goosen

E-pos Afdruk PDF

Alle PRAAG-lesers word uitgenooi na die tweede politieke oopgesprek rakende die huidige situasie en die pad vorentoe vir die Afrikaner in Suid-Afrika - 'n nugtere blik, sonder politieke retoriek. Die sprekers is Carel IV Boshoff van Orania, Dan Roodt van Praag, Kallie Kriel van Afriforum/Solidariteit en Danie Goosen van die FAK. Daar sal ook tyd wees vir bespreking uit die gehoor.

Datum: 15 Januarie 2010
Tyd: 19:00

Aangebied deur Diamantvallei Landgoed, ongeveer 20km oos van Pretoria. Padaanwysings kan verkry word by www.diamantvallei.co.za . Ligte verversings sal verskaf word en 'n kontantkroeg is beskikbaar. Bywoning is gratis, maar donasies is welkom om kostes van sprekers en verversings te dek. Almal is welkom, maar laat weet asb. indien moontlik, sodra u seker is of u kom, sodat ons 'n idee kan kry van getalle: aanvaar die uitnodiging op facebook of e-pos: stoman@diamantvallei.co.za of skakel tel. (012) 736 2154

Is jy ook keelvol vir tweedeklasburgerskap? Grief dit jou ook dat jou Afrikanerskap polities inkorrek is? Voel jy dis tyd om vas te skop? Kom praat saam daaroor - nugter en realisties. Dis ons elkeen se verantwoordelikheid om deel te neem as jy 'n verskil wil sien. Niemand gaan dit vir ons gee nie, ons moet dit self doen.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: