praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Peiling oor volkstaat op Beeld-webwerf

Peiling oor volkstaat op Beeld-webwerf

E-pos Afdruk PDF

Nuwe berig:

prinsevlagDie meningspeiling oor 'n Afrikanervolkstaat op Beeld se webwerf is gister gesluit met 'n oorweldigende meerderheid wat óf heeltemal ten gunste óf voorwaardelik ten gunste van 'n volkstaat is. Die finale stemming in die referendum-om-onafhanklikheid-in-die-kleine lyk soos volg:

Sou jy dit oorweeg om in 'n volkstaat te bly?

Ja: 56% 6191 stemme

Nee: 27% 2941 stemme

Dit hang af: 17% 1912 stemme

'n Rubriekskrywer van Beeld, Pieter du Toit, het dit op hom geneem om die koerant en webwerf se lesers te betig oor hul steun vir 'n idee wat hy as "doogebore" beskou. Du Toit se rubriek, Volkstaat hou g'n heil in, het ontsteltenis onder sommige lede van die Vryheidsfront Plus veroorsaak omdat Du Toit se halsstarrige verdediging van die status quo vir hulle "werklikheidsvreemd" aandoen.

'n Lewendige bespreking met waarskynlik die meeste deelnemers ten gunste van Afrikaneronafhanklikheid vind tans op sowel die kommentaarafdeling van Pieter du Toit se rubriekbladsy as op dié bladsy op praag.co.za plaas.

Kenners is dit eens dat die skielike uitbarsting van 'n volkstaatdebat in die blaaie van Beeld, wat as 'n hoofstroom-, liberale koerant beskou word, swanger aan politieke implikasiese vir Afrikaners én die land in sy geheel is. Die politieke debat in Afrikaans en in Engels in Suid-Afrika loop hiermee ook dermate uiteen dat 'n mens reeds van "twee lande", 'n Afrikaanse en "Engelse, Mzansiese" kan praat.

Eerste berig: Maandag, 11 Januarie 2010 14:32

Die webwerf van die Johannesburgse dagblad Beeld, beeld.com, hou vandag op hul voorblad 'n elektroniese meningspeiling met die vraag: "Sou jy dit oorweeg om in 'n volkstaat te bly?"

Sommige lesers sien die peiling as 'n referendum-in-die-kleine oor Afrikaneronafhanklikheid en moedig hul vriende en kennisse aan om "Ja" te stem. Tot dusver het lesers só gestem:

Ja: 54% 2346 stemme

Nee: 27% 1193 stemme

Dit hang af: 19% 814 stemme

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: