praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Volksblad kry bruin redakteur

Volksblad kry bruin redakteur

E-pos Afdruk PDF
Ainsley Moos

Die oudste Afrikaanse koerant in die land, Die Volksblad, kry van aanstaande jaar af 'n bruin redakteur, mnr. Ainsley Moos. Hy sal vanaf Januarie 2010 die leisels by mnr. Jonathan Crowther oorneem wat ná 36 jaar in die joernalistiek aftree.

Crowther was tien jaar lank Die Volksblad se redakteur. Die koerant behoort aan die land se grootste mediagroep, Nasionale Pers, wat 'n beleid van regstellende aksie en transformasie toepas.

Moos is slegs 31 jaar oud en waarskynlik een van die jongste redakteurs in die land. Hy is tans redakteur van Die Landbouweekblad, wat insgelyks 'n Nasperspublikasie is.

Van die vier groot Nasperskoerante in Afrikaans (die ander is Beeld, Die Burger en Rapport), was Die Volksblad tot dusver die koerant wat konserwatiefste politieke beleid gevolg het en ook heelwat kritiek teen die ANC van lesersbriewe en gasrubriekskrywers toegelaat het.

Dis tans nog onduidelik of Moos hieraan gaan verander en die blad dalk in 'n meer liberale en ANC-simpatieke rigting gaan stuur.

Die Volksblad bestaan reeds sedert 1904, toe dit deur die Nederlandse drukker Hendrik die Graaf in Potchefstroom in Nederlands as "Het Westen" opgerig is. Die naam is in 1917 na Die Volksblad verander, waarna die koerant ook in Afrikaans begin verskyn het.

Ainsley Moos is oorspronklik van Oudtshoorn in die Weskaap. 'n Ander Kaapse bruine, prof. Jonathan Jansen, is onlangs as rektor van die Vrystaatse Universiteit aangestel, wat beteken dat Kapenaars nou twee van die invloedrykste posisies in Bloemfontein beklee.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: