praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Saturday, 26. May 2012

Bygewerk op:04:29:19 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Politieke druk kan Reitz 4 ontneem van billike verhoor

Politieke druk kan Reitz 4 ontneem van billike verhoor

E-pos Afdruk PDF

Die Reitz-vier kan nie verskoning vir hul optrede vra sonder vrywaring van verdere vervolging nie, het Christo Dippenaar, hul regsverteenwoordiger, aan Die Burger gesê.

Hy het gesê om verskoning aan te bied, sal ’n implisiete skulderkening beteken wat tot ’n skuldigbevinding kan lei.

Dippenaar het gereageer op ’n onlangse toespraak van prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), voor die Kaapse Persklub waarin hy te kenne gegee het dat die vier waarskynlik binne die volgende twee weke verskoning vir hul optrede kan vra.

Jansen het gesê hulle sal in ’n onafhanklike “proses”, wat deur ’n instelling buite die UV bestuur word, verhoor word.

Dippenaar sê die politieke uitlatings in die media plaas geweldige druk op die verhoorlanddros om die vier skuldig te bevind, wat hulle 'n kans op ’n billike verhoor ontneem.

Hy het pas aanvullende vertoë aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) in die Vrystaat gerig waarin hy vra dat die aanklag van crimen injuria teen die vier laat vaar word.

Daarin is 'n verweer vervat wat aantoon hoedat die skoonmakers in die video gelag het toe hulle hulself sien.

Volksblad het Woensdag berig die studente voer in die verklaring aan dat dit nooit voorgekom het asof die werkers tydens die verfilming van die video beledig gevoel het nie.

Die werknemers van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het uit vrye wil deelgeneem en kon op enige oomblik opgehou het indien hulle wou, het die studente se verklaring gelees.

Die vier beskuldigdes is RC Malherbe, Schalk van der Merwe, Johnny Roberts en Danie Grobler.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: