praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus ANC ondersteun Jansen

ANC ondersteun Jansen

E-pos Afdruk PDF

Die ANC in die Vrystaat het Dinsdag gesê hulle ondersteun die Universiteit van die Vrystaat se transformasieprogram.

Ace Magashule, voorsitter van die ANC in dié provinsie en ook die provinsiale premier, het gesê die party ondersteun rektor Jonathan Jansen en die ANC-jeugliga se proses ten volle.

Die transformasieproses is verlede week op ‘n vergadering gepen.

“Ons wil egter daarop aandring dat die proses inklusief vir alle belanghebbendes moet wees, want dit is baie belangrik.”

Magashule het na afloop van ‘n vergadering met Jansen gesê die ANC wil praktiese ondersteuning aan die UV se transformasieproses verleen.

Jansen het onlangs wye reaksie en kritiek ontlok nadat hy die aanklagte teen die sogenaamde Reitz-vier laat vaar het. Hy het die studente teruggenooi na die kampus om hul studies te voltooi.

Die vier seuns is aangekla oor ‘n grap 'ontgroeningsvideo', wat nasionaal en internasionaal opslae gemaak het. Die video is deur die voormalige wit, Afrikaanse rektor, Frederik Fourie, aan die media gelek in 'n poging om klaarblyklik sy eie persoonlike bedingingsposisie te versterk teenoor mededingers.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: