praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Wat het 'Tshwane' om weg te steek?

Wat het 'Tshwane' om weg te steek?

E-pos Afdruk PDF

Die Vryheidsfront Plus het die tydelike skorsing van die Stadsbestuurder van die "Tshwane"-metroraad verwelkom, maar het gesê dat die probleme met die stad se finansies baie dieper strek as net die stadsbestuurder.

Die VF Plus het dit ook verwelkom dat die stadsraad die burgemeester gedwing het om ‘n onafhanklike ondersoek oor talle bewerings van wanbestuur en onreëlmatighede te loods. Dit het onlangs in raadstukke aan die lig gekom dat daar grootskaalse vermorsing van belastinggeld gedurende die 2008/2009 finansiële jaar was.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, strek die probleme met die stad se finansies baie dieper as net die stadsbestuurder. Daar is ‘n kultuur in ANC-kringe van totale onverskilligheid teenoor belastingbetalers se fondse.

Tydens 2008/2009 was daar ongeveer R150 miljoen spandeer aan goedere en dienste waar die normale tenderproses nie gevolg is nie. Dit maak die deur baie wyd oop vir vergrype soos korrupsie en nepotisme.

Die VF Plus het tydens die raadsvergadering van Donderdag, 20 Oktober, voorgestel dat hierdie uitgawes ondersoek moet word sodat beter oorsig en kontrole oor sulke uitgawes uitgeoefen moet word. Al die opposisiepartye in die raad het die VF Plus ondersteun, maar die ANC het die voorstel teengestaan.

“Ons moet by die kern van die stad se finansiële probleme uitkom, maar die ANC blokkeer dit. Wat het hulle om weg te steek?” het Beyers gevra.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: