praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Saterdag, 13. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Afrikaanse plekname sneuwel steeds
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 950

Afrikaanse plekname sneuwel steeds

E-pos Afdruk PDF

Ondanks ’n ooreenkoms wat verlede jaar met Fifa aangegaan is, wat bepaal dat Nelspruit se naam nie voor die Wêreldbekersokkertoernooi volgende jaar sal verander word nie, is die slag nou gelewer.

Nelspruit gaan voortaan Mbombela heet, Belfast sal eMakhazeni genoem word, Waterval-Boven word Emgwenya en Machadodorp gaan as eNtokozweni bekend staan.

Dié nuus is Vrydag in die Staatskoerant aangekondig.

Die Mbombela-munisipaliteit het bevestig so ’n ooreenkoms is met Fifa aangegaan.

Die naamsveranderinge is onder die 42 wat Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur, op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad goedgekeur het, lui ’n verklaring deur haar departement.

Premi Appalraju, Xingwana se woordvoerder, het Maandag gesê die departement is onbewus van die ooreenkoms wat met Fifa aangegaan is.

 




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS