praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Mulder moeg vir dubbele standaarde

Mulder moeg vir dubbele standaarde

E-pos Afdruk PDF

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het in ‘n verklaring gesê dat hy moeg is vir dubbele standaarde en onlogiese argumente as dit oor die Grondwet en Suid-Afrika se amptelike tale gaan.

Komiteelede van die Parlement se portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het tydens ‘n besoek aan die Universiteit van Stellenbosch, die rektor en die universiteit gekritiseer omdat, volgens hulle, Afrikaans steeds gebruik word om studente by die universiteit uit te sluit. Dit terwyl voorgraadse studente reeds onderrig in Afrikaans of Engels kan ontvang. "Waarom word hierdie eis aan Stellenbosch gestel, maar nie aan ander universiteite nie?" was dr. Mulder se reaksie daarop.

Dr. Mulder het gevra of Marius Fransman, sy komitee en minister Blade Nzimande beswaar sal hê as Stellenbosch op hulle webblad onder taalvereistes skryf: “Alle nuwe studente aansoekers, vir voorgraadse- of nagraadse studie aan hierdie universiteit, moet ‘n sekere vlak van vaardigheid in Afrikaans bereik het en moet bewyse hiervan kan indien voor toelating”.

“Ek glo hulle word flou en die debat draai in die Parlement. Tog is dit presies die woorde wat op die webblad van die Universiteit van Kaapstad staan, met die verskil dat dit na Engels en nie na Afrikaans nie verwys. Dit in ‘n provinsie waar bykans twee derdes van die bevolking Afrikaans as eerste taal het met reeds twee uitsluitlik Engelse universiteite.”

“Hoekom is dit aanvaarbaar met geen openbare histerie of verwysings na ‘n Grondwet wat sogenaamd alle tale probeer gelykstel nie? Wanneer besoek die Parlementêre portefeuljekomitee die Universiteit van Kaapstad en stel dieselfde eise aan hulle tot die voordeel van die meerderheid van die Wes-Kaapse inwoners wat Afrikaans-moedertaalsprekers is?” het dr. Mulder ook gevra.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: