“Die VF Plus is bly dat die vorige hofbevel oor die Pretoria-straatnaamkwessie nog staan,” sê mnr. Jaco Mulder, LPW en Provinsiale Leier vir die VF Plus in Gauteng, na die uitspraak van regter Pathudi in die Hooggeregshof in Pretoria.
Regter Pathudi het egter vandag in die Hooggeregshof in Pretoria die aansoek van die Tshwane Metroraad teen die VF Plus en AfriForum toegestaan wat beteken dat alhoewel die vorige bevel nog staan, dit nie die Tshwane Metroraad verbied om die verwelkomingsborde by die ingang van die stad op te rig wat slegs die naam Tshwane bevat nie. Hierdeur word die persepsie geskep dat die stad se naam Tshwane is terwyl dit inderdaad nie die geval is nie.
“Die feit dat die naam City of Tshwane/ Pretoria in die internasionale bemarkingsveldtog gebruik word terwyl die plaaslike veldtog nou net die naam City of Tshwane gaan bevat, skep verdere bemarkingsverwarring. Die VF Plus ondersoek die moontlikheid om by verdere prosesse betrokke te raak om die naam van Pretoria te beskerm.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





