Hendrik Cilliers is Sondagaand halfkaal op die grond gevind, vyf meter weg van sy huis, het brig. Thulane Ngubane gesê.
Hy het 'n koeëlwond aan sy kop gehad en sy hande en voete was met skoenveters vasgebind, het Ngubane gesê.
'n Buurman het die polisie gekontak toe hy Cilliers se motor op die hoofpad gesien het en hy nie sy telefoon geantwoord het nie. Cilliers is erg aangerand en geslaan.
Die motief vir die moord is glo onbekend volgens die polisie en hulle is op soek na die moordenaars.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





