praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus ET-verhoor hervat

ET-verhoor hervat

E-pos Afdruk PDF

Die Eugene Terre'Blanche-moordverhoor word vandag in die Rondgaande Hof op Ventersdorp in Noordwes hervat.

Die staat sal na verwagting voortgaan met die kruisverhoor van Kaptein Jan Louw wat die moordtoneel besoek het. Ander getuies sal daarna geroep word.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle is tevrede oor hoe die saak tot dusver verloop. Die beskuldigdes, twee plaasarbeiders, Chris Mahlangu en 'n minderjarige, het albei onskuldig gepleit op aanklagte dat hulle die voormalige AWB-leier in April 2010 in sy plaashuis vermoor het. Hy was 69-jaar oud.

Albei staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: