Sy vrou, Eunice, en hul twee jong kinders, is daarna deur die drie aanvallers vasgebind. Du Toit is in die maag en kop geskiet.
Du Toit het by AlzuVoere in Middelburg, Mpumalanga, as voedingsdeskundige gewerk.
Hy het saam met sy gesin en sy ouers op die wildplaas waar die aanval plaasgevind het, 30 km buite Roossenekal, gewoon.
Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê Du Toit het sy pistool uit die kluis gaan haal nadat hy onraad vermoed het.
Volgens Otto het hy glo teruggeskiet op die drie swartes nadat hy in die maag gewond is, maar nie een van hulle is gewond nie. Hy is daarna weer agter die oor getref.
Die aanvallers het selfone en wapens gesteel en met die gesin se twee voertuie gevlug. Die voertuie is later verlate op die plaas gevind.
Du Toit het nog geleef toe hulp opgedaag het, maar is in die arms van 'n buurman dood voordat hulle die hospitaal kon bereik.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





