praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 23. February 2012

Bygewerk op:06:37:14 PM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Afrikaanse skole op Fochville deur ANC geteiken

Afrikaanse skole op Fochville deur ANC geteiken

E-pos Afdruk PDF

Die Hoërskool Fochville is vanoggend deur 'n skare swart leerlinge, wat deur die Gauteng-ANC opgevorder is, omsingel wat op onderrig in Engels aangedring het. Gister het die Gauteng-wetgewer se senior mediawoordvoerder, Sithembele Tshwete, aangekondig dat daar vandag teen twee Afrikaanse skole op Fochville opgetree sou word: Hoërskool Fochville en Laerskool Losberg.

Die Gautengse onderwysdepartement het beswaar teen die Afrikaansmediumonderrig by die skole wat glo "swart leerlinge weghou". Volgens die onderwysdepartement beskik die leerlinge oor "die reg om in Engels onderrig te ontvang".

In Desember het Hoërskool Fochville gepoog om 'n interdik teen die departement te verkry wat besig is om strydig met die Skolewet met sy taalmedium in te meng. Die skool het egter die saak in die hof verloor.

'n Telefoonoproep van Praag na die skool het slegs bevestig dat "baie Engelstalige leerlinge vanoggend opgedaag het". Die skoolhoof, mev. Lamprecht, kon nie vir kommentaar bereik word nie omdat sy steeds midde-in die stormloop na die skool gewikkel was en blykbaar met amptenare van die departement van onderwys in gesprek was.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: