praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus ET se buurman sterf in plaasaanval

ET se buurman sterf in plaasaanval

E-pos Afdruk PDF

'n Boer en sakeman in die omgewing van Ventersdorp, Dries du Toit (56), is Saterdag in die vroeë oggendure in sy huis met ysters doodgeslaan in die jongste plaasmoord.

Die plaas van die vermoorde is reg oorkant dié van die AWB-leier, Eugène Terre'Blanche, wat in April verlede jaar op soortgelyke wyse vermoor is.

Du Toit het 'n aansienlike deel van sy grond deur die regering se grondhervormingsprogram verkoop. "Hy het 'n deel vir homself uitgehou waar hy besig was om 'n huis te bou. Hulle het al in die huis gewoon, maar dit is nog nie voltooi nie," sê sy ander buurman.

Sy vrou, Lettie, 'n prokureur van Klerksdorp, is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Du Toit se suster, Elizabeth de Villiers (66), is lig beseer in die plaasaanval. Sy twee dogters, albei universiteitstudente, was nie tuis ten tye van die aanval nie.

Volgens kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het die aanval omstreeks 04:10 op die Du Toits se plaas Klipplaatdrift gebeur nadat vyf swartes by die huis ingebreek het.

Die aanvallers het met die gesteelde goedere gevlug. Myburgh sê Du Toit is nie geskiet nie. Hy is na verneem word gedurende 'n stoeiery wat ontstaan het, met ysters doodgeslaan.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: