praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Media24 moet opdok oor leuens

Media24 moet opdok oor leuens

E-pos Afdruk PDF
Media24 en voormalige Huisgenoot-redakteur Esmaré Weideman moet R75 000 in boetes opdok vir die publikasie van 'n artikel waarin bewerings oor seksuele wandade teen die Afrikaanse sanger Jurie Els gemaak is.

Die hooggeregshof in Kaapstad het die uitspraak Woensdag gelewer, na Weideman en Media24 skuldig bevind is aan minagting van die hof in die appèlhof verlede jaar.

In Februarie 2008 het Huisgenoot 'n artikel oor Els gepubliseer, waarin die sanger Robbie Klay beweer hy was gemolesteer deur Els. Els se naam is nie genoem in die artikel nie, maar hy is in die tydskrif se redaksionele kommentaar genoem.

Weideman moet 'n boete van R15 000 en Media24 R60 000 betaal, het die hoërhof beslis.

Die regter het in sy uitspraak gesê dat die onafhanklikheid van die media 'n hoeksteen van die demokrasie is, en dat die howe die vryheid van die media beskerm en ondersteun.

Els is vroeër vrygespreek op alle aanklagte van molestering van Klay.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: