praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Matriekseun wat deur bloulig omgery is, se toestand versleg

Matriekseun wat deur bloulig omgery is, se toestand versleg

E-pos Afdruk PDF

Thomas Ferreira wat op 5 November op sy motorfiets omgery is deur die bloulig-voertuig van Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, se toestand het weer versleg.

Hy is Woensdag weer aan 'n ventilator gekoppel word nadat hy langer as drie weke self kon asemhaal.

Hy het erge kopbeserings na die ongeluk opgedoen en is met swelling en bloeding op die brein in die waakeenheid van die Krugersdorp-hospitaal opgeneem.

Volgens die uitslae van sy jongste breinskandering sal hy waarskynlik permanente breinskade oorhou en hy is steeds in 'n semi-koma.

Thomas (18), 'n matriekleerling van Krugersdorp, is meer as 'n maand gelede in 'n koma gelaat.

Hy was aanvanklik sowat 'n week en 'n half aan die ventilator gekoppel.

As gevolg daarvan het hy dubbele longontsteking opgedoen, maar hy het daarvan herstel.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: