“Die rassistiese beleid van die regering en universiteite marginaliseer mense na sewentien jaar steeds tot slegs ‘n ras en is tot nadeel van alle Suid-Afrikaners. Dit mag voorkom asof 'n swart dokter slegs op grond van sy ras gekwalifiseer het. Hierdie benadering is dus net so onregverdig teenoor swart dokters wat bevoeg is en wat op grond van eie meriete gekwalifiseer het soos wat dit teenoor wit studente is wie dit uitsluit,” het Wouter Wessels, nasionale jeugleier van die VF Plus gesê.
Wessels het gereageer nadat ‘n voornemende student aan die Universiteit van Stellenbosch (US) se keuring om medies te studeer gekanselleer is nadat die universiteit uitgevind het dat sy wit is.
Hy het bygevoeg dat hierdie tipe beleid ‘n nuwe generasie van gegriefdes tot gevolg het. "’n Kind wat in 1994 gebore is, is volgende jaar 18 jaar oud. Dit is veronderstel om ‘n nuwe hoopvolle generasie te wees. Volgehoue regstellende aksie en kwotas is tot nadeel van almal – dit verskuif die onus weg van meriete en skep ‘n lae moreel. Daar moenie toegelaat word dat die bagasie van die verlede die hede en die toekoms verder versuur nie. Die jeug eis ‘n beter bedeling vry van rassisme en marginalisering.”
| < Vorige | Volgende > |
|---|





