praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Bekende boer sterf in nog 'n plaasaanval

Bekende boer sterf in nog 'n plaasaanval

E-pos Afdruk PDF

Die Volksblad berig dat die eienaar van die vulstasie Tom's Place buite Bloemfontein Saterdagaand in 'n plaasaanval doodgeskiet is.

Thomas Ferreira (54), 'n boer, het ook die bekende oord, wat sigbaar is van die N1-hoofroete, bedryf. Sy lyk is deur sy suster en werkers sowat 500 meter van die huis gevind.

Ferreira het alleen op die plaas gewoon. 'n Familielid wat onraad vermoed het, het sy suster gevra om te gaan ondersoek instel nadat hy nie sy foon geantwoord het nie.

Die boer is drie keer in die lyf geskiet en het vermoedelik aan sy wonde beswyk toe hy, swaar gewond, hulp wou gaan soek.

Die polisie kon geen verdere inligting verskaf nie.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: