Die Vryheidsfront Plus het vandag tydens ‘n sitting van die Gauteng Wetgewer, die ANC gewaarsku dat ‘n poging van die burgemeester van die Tshwane Metroraad, Kgosientso Ramokgopa om die naam van Pretoria, die hoofstad van Suid-Afrika, voor einde van 2012 te verander met ongekende weerstand begroet sal word.
Mr Jaco Mulder, VF Plus LPW het in ‘n aankondiging tydens ‘n sitting vandag in die Wetgewer gesê dat die Vryheidsfront Plus sedert sy stigting in 1994 nog altyd daarna gestreef het om wen-wen oplossings te vind vir die uitdagings wat Suid-Afrika stel. In sy strewe na vryheid het die party met die regering onderhandel en deelgeneem aan die grondwetskrywende poses.
Toe die hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria se naam deur vorige ANC burgemeester en ministers bedreig is, het die VF Plus eers onderhandel, optogte gehou en hom daarna met sukses tot die geregshowe van Suid-Afrika gewend.
Dit is egter onverantwoordelik van burgemeester Kgosientso Ramokgopa om sy verlore aansien binne die ANC op so ‘n wyse te probeer herwin voor die nasionale konferensie van die ANC in 2012.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





