praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Matriekseun boet vir roekelose ampsmotor

Matriekseun boet vir roekelose ampsmotor

E-pos Afdruk PDF

'n Matriekseun van die Hoërskool Bastion in Krugersdorp sal waarskynlik nooit weer herstel nadat hy die naweek deur 'n roekelose ampsvoertuig van 'n LUR omgery is nie.

Die ampsvoertuig behoort aan Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising van die ANC. Die jaagtog het by die R28-roete by die kruising van Paarde-kraal- en Windsorweg tot 'n ongeluk gelei.

Die Wit BMW X5, het teen die verkeersreëls, links van die verkeer verbygejaag, 'n rooi verkeerslig verontagsaam en Thomas Ferreira (18) op sy motorfiets getref.

Thomas is steeds in 'n kritieke toestand in die waaksaal van die Krugersdorp-hospitaal. Die geneesheer wat Thomas behandel, het aan sy ouers gesê die seun het waarskynlik ernstige breinskade opgedoen.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, sal die 18-jarige Thomas Ferreira se mediese koste dra nadat hy deur die ampsvoertuig van mnr. Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, omgery is, berig Beeld.

Mmemezi het nie die voertuig bestuur nie, maar het ook nie uit die motor geklim om die erg beseerde kind te help nie.

Daar is eers berig dat die LUR nie in die motor was nie.

Die bestuurder van die motor, 'n sersant in die polisie se BBP-eenheid, sal volgens Mokonyane aangekla word.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: