Don du Plessis (72) en sy vrou, Jackie (68), is blykbaar Woensdagoggend met "voorwerpe" aangeval in hul huis, het kapt. Elsabé Augustides gesê.
'n Besoeker het hul lyke later in verskillende slaapkamers gevind. Die vrou is ook een keer in die kop geskiet.
'n Onbekende hoeveelheid kontant is uit die kluis gesteel, asook 'n kamera en 'n skootrekenaar, het Augustides gesê.
Die polisie is op soek na 'n Zimbabwiese man en vrou wat vir die Du Plessis-egpaar gewerk het. Die vrou was 'n huishulp, terwyl haar vriend algemene werk op die voëlplaas verrig het.
"Die polisie verbind hulle met die misdaad omdat hulle verdwyn het 'n dag voor die lyke gevind is," het Augustides gesê.
Die moorde word ondersoek.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





