praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Nog 'n mesaanval

Nog 'n mesaanval

E-pos Afdruk PDF
'n 22-jarige meisie is gister omstreeks 11:00 in haar ouerhuis in Noordheuwel, Krugersdorp oorval en deur twee jong aanvallers met messe toegetakel. Sy het dapper teruggeveg en kon daarin slaag om 'n SOS.-boodskap na haar ma te stuur, waarna die aanvallers gevlug het. Sy het in die proses meer as agt steekwonde en kneusings opgedoen waarna sy in die hospitaal opgeneem is.

Die voorval wat reg oorkant die huis van die Gautengse Premier, Nomvula Mokonyane, plaasgevind het, is die nuutste van 'n hele reeks aanvalle die afgelope tyd in die straat en omgewing. Die identiteit van die slagoffer en haar gesin word op hul versoek op dié stadium van die media weerhou vir veiligheidsredes. Mnr Jaco Mulder, VF Plus-LPW, vriend en woordvoerder van die gesin het gesê dat hy as inwoner van dieselfde omgewing in Noordheuwel, Krugersdorp nie meer veilig in sy omgewing voel nie.

Die omgewing gaan vir 'n geruime tyd reeds gebuk onder ernstige huisaanvalle ten spyte van 'n aktiewe polisiesektor en patrolliestelsel. Mulder wat ook 'n lid van die portefeuljekomitee vir Veiligheid in die Gauteng Wetgewer is, het voorts gesê dat alhoewel die polisie flink reageer het, misdadigers die wetstoepassingsagentskappe van Suid-Afrika nie meer vrees nie.

Misdadigers beweeg vry rond in woonbuurte en beskik oor fyn uitgewerkte intelligensie en inligting oor die wandel en weë van geïdentifiseerde slagoffers. Die SAPD en buurt-beveiligingsinisiatiewe skiet ver te kort op dié terrein.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: