praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Afrikaanse nuus Boeremagdokter red Tukkiemeisie

Boeremagdokter red Tukkiemeisie

E-pos Afdruk PDF

Dr. Lets Pretorius, aangeklaagde in die Boeremagsaak, was een van die dokters wat ure lank op die 22-jarige Tukkiemeisie wat deur 'n swart aanvaller byna doodgesteek en verkrag is, geopereer het. Haar toestand is tans stabiel waar sy in die waakeenheid van die hospitaal verkeer.

Sy is verlede week 23 keer met 'n mes gesteek, voordat sy wreed verkrag is. Sy is toevallig in 'n erg verswakte toestand deur 'n inwoner van dieselfde meenthuiskompleks ontdek by haar tuinhekkie na die aanval. Sy het haarself, byna sterwend, na buite gesleep.

Haar eie dapperheid, die flinke optrede van haar mede-inwoner en haar mediese span, het heel waarskynlik haar lewe gered.

Dr. Lets Pretorius, wat saam met dr. Stefan Rawlins, 'n plastiese en rekonstruktiewe chirurg, en dr. Pieter Coertze, 'n ortopediese chirurg, 'n noodoperasie op haar uitgevoer het, sê sy is besonder dapper asook diep gelowig.

Dr. Pretorius het 'n oproep aan alle mediese personeel en die gemeenskap in die breë gedoen om saam te staan teen hierdie soort barbaarse optrede

Die meisie ontvang tans antiretrovirale behandeling na die verkragting.

Twee polisielede is intussen aangekeer nadat die verdagte ontsnap het. Konst. Mphikeledi Alfred Mahlanga (39) en ao. Amos Chris Masilela (48) het Maandag in die Pretoria-Noordse streekhof verskyn op aanklagte van regsverydeling en hulpverlening tot ontvlugting.

Die verdagte is sonder hand- of voetboeie na die dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, geneem omdat hy glo gekla het dat hy siekerig voel. Hy het daarna deur 'n toiletvenster ontsnap.

Volgens Beeld het die twee polisielede foto's met hul selfone van die joernaliste se motors en registrasienommers geneem, nadat hulle deur die koerant se fotograaf afgeneem is.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: